Die Stilbaai Rots en Strand Kushengelklub gaan vanjaar vir die ag-en-twintigste agtereenvolgende jaar die Stilbaai Galjoen Derby 2019 op 10 Augustus 2019 te Stilbaai aanbied.
Hierdie is n puik georganiseerde, omgewingsvriendelike gebeurtenis waarop besighede trots is om mee geassosieer te word, en waarby daar nagenoeg 420 deelnemende hengelaars (70 Spanne) jaarliks inskryf.
Ons wil u besigheid die geleentheid bied om by die ontwikkeling van die sport asook Rots en Strand hengel onder die jeug betrokke te raak, deur ons van ʼn borgskap te voorsien.
In ruil vir u borgskap bied ons aan u die volgende:
Die Galjoen Derby en sy doelstellings :
1. Deelnemers
a. Ongeveer 420 hengelaars, (70 spanne), met hulle gesinne vanoor die hele land hoofsaaklik Wes- en Oos-Kaap streek.
b. Daar word jaarliks ongeveer 60 hengelaars weggewys vanweë beperkte sitplek vir die onthaal en prysuitdeling in die Stilbaai Gemeenskapsaal.
2. Borgskappe, Onkostes en Prysgelde
a. Die grootste jaarlikse uitgawe is die golf hemp wat elke deelnemende lid ontvang. Hierdie koste met drukwerk beloop ongeveer R 120.00 per persoon. Aangesien die grootste getal inskrywings oor die Wes- en Oos-Kaap is, is dit ‘n uitstekende advertensie medium.
b. Die totale borgskappe beloop jaarliks ongeveer R 50 000 en berus ons dus op u mildelike bydraes.
3. Bewaring
Die Galjoen Derby word geskoei met die primêre oogmerk op bewaring. Die vrylating van die vis is vir ons belangrik en daarom word daar in samewerking met die Wes Kaapse Natuurbewarings raad waarby ongeveer 25 weegbeamptes betrokke is, seker gemaak om die meerderheid vis by die see te weeg en vry te laat.
Sien die geskiedenis afdeling oor die afgelope jare se statistiek.
Ons is trots deurdat ons bewaring promoveer!
4. Ontwikkeling
a. Die fondse wat ingesamel word, word hoofsaaklik gebruik vir die bevordering van Rots en Strand hengel, hoofsaaklik junior hengel. Ons subsideer jaarfooie, aas, vervoer en nasionale toernooi kostes wat tot R 8 000 per hengelaar kan beloop.
b. Stilbaai hengelklub se sukses is voor die hand liggend deurdat ons met die volgende kan spog oor die laaste aantal jare:
c. Met ons diepte van kennis in Stilbaai kushengelklub, is ons sukses ons trots en bly ons dus ten alle tye gefokus op die bewaring van ons bronne vir ons nageslagte.
5. Geskiedenis
Laasgenoemde statistiek bewys hoe Stilbaai kushengelklub die bewaring van ons bronne promoveer. Hierdie jaar sal daar slegs 3 geweegte pryse wees wat minimaal teenoor die vrylating sal staan, ten einde vrylating verder te bevorder.
U gunstige oorweging van hierdie borgskap en u betrokkenheid by die Stilbaai Galjoen Derby 2019 sal hoog op prys gestel word.
Indien u bereid is om betrokke te raak, voltooi asseblief hierdie vorm en e-pos na potgieter.raldu@yahoo.com. U kan ook die voltooide vorm aan een van die volgende Stilbaai hengelklub bestuurslede oorhandig:
Die Uwe
Raldu Potgieter
Voorsitter Stilbaai Kushengelklub
potgieter.raldu@yahoo.com
072 390 7775